Profiel

My ervaring van meer as 30 jaar se begeleiding van organisasies en individue vorm die basis vanwaar ek oor die tippet-temas nadink. Ek kombineer graag insigte vanuit verskillende bronne soos besigheidsbestuur, teologie en die menswetenskappe om ons te help om nuut en vars na onsself te kyk.

Ek het in 2009 'n MBA-graad behaal met as spesialisrigting Veranderingbestuur. My navorsing oor die Appreciative Inquiry-model van die bestuur van verandering vorm die basis van my insigte.

Ek het ook verdere kursusse in die faslitering van prosesse in organisasies deurloop onder die leiding van prof Arnold Smit.

My ander belangstellings? Ek loop nie sommer by Exclusive Books verby nie. Daar sal jy my iewers tussen die besigheidsrak en die sportboeke raakloop. Ek bly fiks met kettlebells en "parkrun" en ek geniet graag 'n beker goeie koffie. Ek is lid van Toastmasters International en het al die Advanced Communicator Bronze-kwalifikasie behaal. En ek is baie entoesiastiese bloedskenker met meer as 150 skenkings agter my naam. En o ja, ek gooi graag 'n vlieglyn in die Mpumalanga-forelwaters...

Ek lees wyd, dink diep en skryf graag.

My dagtaak is as Uitvoerende Amptenaar van die NG Kerk se Oostelike Sinode in Pretoria. Ek is daar verantwoordelik vir strategiese beplanning, die fasilitering van prosesse en verhoudings asook finansiŽle bestuur.



Francois Retief
             @